Our Client Testimonials / Ons Kliënt Getuigskrifte

 In Blog

Pulse Fitness Studio aims to help every client develop a positive relationship with their body through EMS training. We are proud to share these testimonials showcasing how EMS training has improved our clients’ fitness and health.

// Pulse Fitness Studio beoog om elke kliënt te help om ‘n positiewe verhouding met hul lyf te ontwikkel. Ons is trots om getuigskrifte te deel wat wys hoe EMS-oefening ons kliënte se fiksheid en gesondheid verbeter.

Client Testimonials // Kliënt Getuigskrifte

Mev. Dorene Thiart, 39, 22 Januarie 2018

Hoekom het u besluit om by EMS-oefening aan te sluit?

As ma van twee is daar nie altyd tyd vir oefen en gym nie. Ek kan nou eenmaal per week oefen.. vir slegs 20 minute!

Watter veranderinge het u raakgesien in u lyf en gesondheid sedert EMS-oefening?

Ek het beslis sentimeters verloor. My lyf is fermer en ek het ook gewig verloor!

Watter raad sal u gee vir diegene wat EMS-oefening oorweeg?

Beslis ‘n lekker warm bad na oefening. Jy gaan voel daar is spiere wat gewerk het wat jy nie eers geweet het jy het nie! Drink baie water. Druk deur, gaan elke week vir jou klas en wees gewaarsku… DIS VERSLAWEND! En heel belangrikste, geniet dit.

Mev. Hannelie Müller, 48, 19 Maart 2018

Hoekom het u besluit om by EMS-oefening aan te sluit?

Ek het die laaste jaar baie gesukkel met lae rugpyn. Ek kon nie meer tradisionele oefeninge by die gimnasium doen nie, toe sluit ek by Pulse Fitness aan. Slegs een oefensessie van twintig minute per week was ook baie aanloklik…

2. Watter veranderinge het u raakgesien in u lyf en gesondheid sedert EMS-oefening?

Ek was verstom met die vinnige resultate! Daar was beslis baie “toning” en spierbou. Ek was sterker in net ‘n paar maande. Aangesien daar geen fisiese optel van gewigte, of oefeninge wat erg op my rug werk, betrokke is nie, voel my lae rug soveel beter as voor ek met EMS begin het.

3. Watter raad sal u gee vir diegene wat EMS-oefening oorweeg?

As tyd ‘n kwessie is, en jy’s haastig vir resultate, is EMS (wat alle spiergroepe oefen) beslis “the way to go”! EMS kan ook sekere probleem-areas soveel makliker teiken as tradisionele oefening.

Read more about our famous 20 minute full body workout. Get in touch to request more information or to book your trial session.

// Lees meer oor ons volle liggaam oefensessie. Net 20 minute, net eenmaal per week. Kontak ons vir meer inligting of om vir ‘n proefsessie op te teken.